Die Springbok- en Stormer-rugbyspeler Schalk Burger en sy vrou, Michele, het Vrydag, 28 Maart, ’n nuwe baba in hul gesin verwelkom.

Die paartjie, wat al byna drie jaar getroud is, het nou twee seuns in die huis. Die nuwe pienkvoet, baba Nicol, is sy ouboet Schalk (2) se nuwe speelmaat. Kyk hoe oulik is die nuwe pienkvoet!

Dit lyk of ouboet reeds baie lief vir sy baba broer is. Kyk net dié oulike foto wat Michele verlede week op Instagram gedeel het.

Michele in die hospitaal net ná Nicol se geboorte

FOTO: Schalk Burger se Michele met haar swanger maag