Kyk hoe pragtig het Kate gister gelyk by die Nasionale parade van die koningin se verkenningstroepe by die Windsor-kasteel in Berkshire. In haar mint-groen Mulberry-jas het sy net soos 'n prinses gelyk! Hello! berig dat Kate nie koninklike tradisie gaan volg om dadelik 'n kraamverpleegster aan te stel nie. Sy gaan vir die eerste 6 weke ná die geboorte terug na haar ouerhuis waar haar ma, Carole, haar sal help. Kate is baie geheg aan haar ouers en het ook verlede jaar tradisie verbreek toe sy en William  Kersfees saam met haar ouers, eerder as saam met die koninklikes, spandeer het.

Wat dink jy? Hoe lyk Kate?

TEKEN IN op SARIE teen 50% afslag