Sangeres Elizma Theron is gister in die hospitaal opgeneem en dit lyk of haar en haar man, Nico, se Eli-zé vandag gaan kom.

Elizma het op haar Facebook-blad gesê dit lyk of Eli-zé nou "ongeduldig en nuuskierig" raak.

Sy het pas gesê dit lyk of Eli-zé vandag al wil kom, maar Pa Nico het vanoggend in Botswana geland. Hy haas weer terug om haar by te staan vir hul eersteling se geboorte.

Dít is wat Elizma met haar aanhangers gedeel het:

....nee.....klein snip wil uit...ons ontmoet vir Eli-zé Grobbelaar vandag. Bang, dankbaar, opgewonde, deurmekaar......alles gelyk. Mag ek vra dat julle asb bid dat sy pragtig en gesond sal wees. Haar pappa het pas in Botswana geland vanoggend in is nou met n spoed weer oppad terug. Gebedjie vir hom ook asb. Liefde xxxxx

Hou SARIE.com vandag dop vir nuus oor Elizma en Eli-zé.

Nóg nuus oor Elizma se swangerskap

Elizma praat met SARIE.com oor haar swangerskap

Dink Elizma Nico gaan ’n goeie pa wees?

FOTO'S: Elizma se ooievaarstee