Daar's 'n nuwe Afrikaanse fliek op die horison - dié keer een oor 'n bekende spook in die Baviaanskloof...

In Die Spook van Uniondale is Stefan (Adam Tas) ’n jong sakeman oppad na sy ouers in die pragtige Baviaanskloof. Sy Paasnaweekplanne verander drasties wanneer sy voertuig net buite Uniondale gaan staan. Stefan kry dit egter reg om tog tot in Willowmore te ry, waar hy ’n paar gure karakters raakloop. Hy vertoef op die dorp en by die plaaslike kroeg leer hy van die ontstaan van die legende van die Spook van Uniondale.

Die storie van Johan (Ivan Zimmermann) en Marie (Tanya van Graan) wat van kleintyd af gekys was en uiteindelik trou, maar hul storie eindig tragies. Stefan ontmoet ook ’n jong boeremeisie Sonja (Nelda Janse van Rensburg) op die dorp, die aantrekkingskrag tussen hulle duidelik

Die Akteurs in Die Spook van Uniondale

- Tobie Cronje

- Andre Stolz

- Adam Tas

- Tanya Van Graan

- Ivan Zimmerman

- Christina Storm

- Andre Schwartz

- Marius Strydom

- Jakkie Louw

- Fredi Nest

- Dewald Dippenaar

- Nadia Beukes

- Ruby Small

Waar het die idee ontstaan?

Die idee het ontstaan tussen Pierre Smith, Marius Strydom en Willemien Storm. Smith en Storm het saam geskryf aan die teks. Smith het later die regie behartig en die fliek is uiteindlik vervaardig deur Paul Areal. (van The Moving Billboard Picture Company) Die prent is verfilm in Uniondale, Baviaanskloof, Willowmore, Centurion asook dele van Krugersdorp. Die storie speel slegs in Uniondale en Willowmore af.

Pierre glo dat daar altyd plek is vir nog 'n goeie storie. “As 'n goeie storie goed verfilm is, sal mense altyd dit gaan kyk. As filmmaker hoop mens maar altyd dat jou film bo die ander sal uitstyg of ten minste 'n plek tussen die top 5 by die loket sal haal. Ons geniet dit om te sien waarvan die publiek hou en vir hulle meer en meer stories te verfilm wat hulle geniet om te kyk. Of daar ruimte is vir nog 'n Afrikaans fliek is 'n vraag wat die publiek dalk moet beantwoord.”

Die draaiboek is deur Pierre en Willemien ontwikkel. Elemente wat Marius Strydom en Pierre oppad KKNK 2013 toe bespreek het, het die fondasie van die draaiboek gevorm, Willemien en Pierre het die storie van daar af lyf gegee.

Die vrou wat in die ongeluk oorlede is was Maria Charlotte Roux. Die hoofkarakter in die teks 'Marie' is 'n fiktiewe karakter en het geen gelykenis met Ria Roux nie.

Ons het met mense in Uniondale begin praat oor die storie en afgely dat sommige mense baie sensitief is oor die spookstorie. Ons het ook gevoel dat uit respek vir die familie nie die film feitlik op die ongeluk of die persoon te baseer nie. Ria Charlotte Roux is begrawe en haar siel rus lankal. Ons het 'n hele nuwe storie geskryf wat oor die legende van 'n spook in Uniondale gaan. Al die karakters is fiktief en het uit Willemien en Pierre se verbeelding ontstaan...

Is daar werklik ‘n spook in Uniondale? Dis 'n moeilike vraag om te beantwoord. Ek wil my film verkoop en ek wil hê mense moet dink daar is 'n spook in Uniondale. Ons wil toerisme in Uniondale asook in Willowmore 'n positiewe hupstoot gee.

Die eerlike antwoord is dat daar wel 'n spook in Uniondale mag wees. Net die wat haar al gesien het sal weet.  Daar is wel 'n spook waarvoor mense wat alleen op 'n reenerige, mistige April-aand tussen Willowmore en Uniondale hulle oë kan oop hou. Ek glo die 'legende' van die spook het ontstaan uit 'n ongeluk wat naby Uniondale plaasgevind het. Van wat ek kon uitvind, het studente wat 'n paar happe in gehad het somtyds so bietjie langs die N9 gaan spook. Ek glo dit is waar die stories vandaan kom. Ons weet nie of sy regtig bestaan het nie, dit is hoekom almal wonder daaroor. Maar daar is wel 'n legende van 'n spook naby Uniondale.

Tydens die maak van die fliek het niks ongewoon op die stel gebeur nie. Die ergste was 'n reënspinnekop wat een aand in een van die beligtingsmanne se hemp opgeklouter het. Die man se senuwees was op. Willem Swanepoel op wie se plaas ons geskiet het (Albertapark), het elke oggend gesorg die die filmspan betyds wakker word, deur sy ou weermag trompet te blaas, kort voor die hane begin kraai. Op enige ander plek in die wêreld bepaal 'n hoenderhaan sy tyd met die son wat opkom, in die karoo bepaal Willem Swanepoel die tyd.