Buddy Bear Maurice Oliver is gister (16 September 2010) gebore, berig www.hellomagazine.com

Boeta se naam volg die blom-tradisie van sy sussies s'n: Poppy Honey, Daisy Boo en Petal Flower.

Voor Buddy se geboorte het Jamie gesê hy sal graag 'n seun wil hê vir 'estrogeen-gevulde' huis.

"Jools wou nog altyd net 'n ma wees. En dit was dit. Ek't dit nooit verstaan nie. Hoekom wil 'n mens net 'n ma wees? Ons wil tog almal loopbane hê, of hoe? Totdat sy 'n ma geword het, het ek nooit besef hoe eerlik sy was nie. Sy's 'n ma en dis haar ganse wêreld."