Dead before Dying word as deel van 'n trilogie beplan. Die Duitse maatskappy All In Production begin vroeg in 2013 daaraan skiet. Die goeie nuus is dat Lars Mikkelsen, die akteur van die gewilde BBC-reeks The Killing, gekies is vir die rol van Mat Joubert.

Lars Mykkelson

Daar is reeds onderhandelinge met 'n gewilde SA akteur vir die ondersteunende rol teenoor Mikkelsen, maar Meyer swyg oor wie dit is.

Daar word ook beplan om 13 Hours binnekort te begin verfilm en vervaardiger Malcolm Kohll het sy oog op later vanjaar. Dieselfde span wil nog 2 Bennie Griessel-stories verfilm.

Bond-regisseur

Hulle is tans in onderhandeling met Roger Spottiswoode, die regisseur van Tomorrow Never Dies ('n James Bond-fliek met Pierce Brosnan), om die regisseur vir 13 Hours te wees.

Hier wag groot fliekbederf!

Volg vir Deon Meyer op Twitter