Sedert die storm om hul koppe losgebars het net voor hul koninklike troue in Julie, kyk die wêreld met skeptiese oë na die paartjie. Volgens dailymail.co.uk het hulle egter gelukkig gelyk by die bal. Prins Albert het glo ook die skinderblaaie verkeerd bewys wat beweer hy dra nie sy trouring nie.

Charlene het soos gewoonlik beïndruk met ’n stylvolle ivoorkleurige rok.

“Die paartjie het net oë vir mekaar gehad en was die toonbeeld van geluk,” berig dailymail.co.uk.

Ons is baie bly vir Charlene dat dit lyk asof die skindertonge vir eers stil is oor haar huwelik. En ons kan nie wag vir die eerste kleinding nie – ’n klein prinsie of prinsessie met SA bloed.