Die wêreld se oë was dié afgelope naweek op New York met die 10 jaar-herdenking van die tragiese 9/11-aanval asook die Mercedes Benz New York-modeweek. En Victoria Beckham (37) het dié geleentheid ook gebruik om haar babadogtertjie, Harper Seven, aan die stylvolle wêreld van mode bekend te stel.

Kyk hoe oulik is sy!

Harper Beckham by die New York-modeweek

Foto: Gallo Images/Getty Images

Victoria, voormalige Spice Girl en nou ook mode-ontwerper, het op Twitter verklaar hoe opgewonde sy en Harper oor dié groot modegeleentheid is. Victoria het ook haar Lente/Somer 2012-klerereeks op die ikoniese 11 September onthul.

Harper, wat in Julie haar opwagting gemaak het, was sjiek aangetrek in 'n swart-en-wit geruite pakkie. Victoria is ook weer in hakke gesien nadat sy ná die geboorte plat skoene moes dra weens 'n rugwerwel wat tydens haar swangerskap geskuif het.

Gaan Harper binnekort vir Suri Cruise onttroon as Hollywood se mees stylvolle dogtertjie?

* Volg DVb Victoria Beckham op Facebook