’n Foto van prinses Diana wat tot nou toe nog in die privaat besit van een van haar goeie vriende was, is onlangs op sosiale media gedeel.

Giancarlo Giammetti, die erepresident van die modehuis Valentino en een van Diana se boesemvriende, het dié foto van die wyle prinses op sy Instagram-blad gedeel.

Dié foto is in 1990 geneem op die privaat-seiljag van die luukse modehuis Valentino, die T.M Blue One. Diana lyk stylvol in ’n oorgroot T-hemp wat gebind is oor ’n bikini met ’n groot sonbril.

Giancarlo het by dié foto geskryf: "Summer is here TBT princess Diana on the TMblue 1990 #princessdiana #rosariosaxecoburg".

Die ander vrou in die foto is Rosario Saxe-Coburg, wat getroud is met prins Kyril van Bulgarye.

Diana het van seiljagte gehou, glo omdat dit een van die min plekke is waar sy van die paparazzi kon ontsnap, berig Hello!.

Diana het op 31 Augustus 1997 in Parys verongeluk.

Bron: Hello!