Kate, die hertogin van Cambridge, en haar man, prins William, se eersteling word môre 1 jaar oud! En om die geleentheid te vier is daar ’n nuwe foto van die klein prins vrygestel.

Dié foto is by die The Natural History Museum in Londen geneem. Kate is die museum se beskermvrou.

Maar kyk net hoe baie lyk hy soos sy pa toe hý 1 jaar geword het! Hy het William se ligte hare geërf, en blykbaar het Kate ook sulke oulike bolwange gehad toe sy ’n kleuter was.

william

Die glanstydskrif Vanity Fair het ’n groot gedeelte van hul uitgawe aan George afgestaan. En kyk net hoe pragtig lyk dié koninklike gesin op die voorblad!

william kate george

Addisionele bron: Hello!