Prinses Charlene en prins Albert het vroeër die week hul tweeling, Jacques en Gabriella, aan die mense van Monaco bekend gestel.

Die paleis het vandag dié agter-die-skerm-foto's van die geleentheid op hul Facebook-blad geplaas.

Ons kan sommer sien dat Charlene ’n natuurlike ma is. Ons is mal oor die foto waar sy die son uit haar baba se oë hou.

En kyk net die pragtige proteas op die agtergrond! Ons wonder of dít spesiaal vir Charlene, wat in Zimbabwe gebore is, gekry is.

FOTO: Facebook  Prince's Palace of Monaco FOTO: Facebook Prince's Palace of Monaco

Kyk na nóg foto's HIER

Dit was Woendag Jacques en Gabriella, wat op 10 Desember gebore is, se eerste amptelike verskyning. Volgens Monegaskiese wet sal Jacques die troonopvolger wees. Hy sal as His Serene Highness The Hereditary Prince of Monaco, Marquis of Baux, bekend staan en Gabriella se amptelike titel is Her Serene Highness The Countess of Carladès.

Lees ook