Johan en Annette se karakters kom dinge in Hillside bietjie deurmekaar krap. Hulle speel die rolle van 'n verloofde paartjie wat ou wonde kom oopkrap – en een Laner se lewe vir ewig verander.

Die veelsydige Annette is 'n danser, choreograaf, skrywer, regisseur en aktrise wat onder meer te sien was in televisieproduksies soos Vleuels, The Game en The Philanthropist.

Johan het naam gemaak as sanger in TRUK se opera-departement en as akteur in produksies soos Egoli, Binneland en Getroud met rugby. Hy is ook 'n pastoor.

Merk nou al jou dagboek by 10 Oktober, wanneer hulle die eerste keer in die Laan gesien sal word.  

Kyk hoe het hulle 23 jaar gelede gelyk in Vleuels 2

Annette Hartmann en Johan Scholtz

Volg SARIE op Twitter en Facebook