Kom Ons Karaoke is kykNET se splinternuwe musiekspeletjiesprogram, waar drie spanne van drie deelnemers elk meeding deur vyf prettige speletjies om die titel van Karaoke Kampioene te verower.

Die aanbieder is Jannie Moolman en Janine Neethling is voor die klavier.

Daar is 'n verskeidenheid oorspronklike speletjies, wat beide plaaslike en internasionale musiek bevat. Dit gaan beslis 'n vermaaklike ervaring vir die deelnemers, gehoor en kykers wees!

kykNET hou landwyd oudisies in Mei en is op soek na spanne van drie deelnemers elk wat lekker kan saamsing. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan kok@kyknet.co.za of skakel 011 686 6380.

*Die venues en tye vir die oudisies is op www.mnet.co.za

Wil jy deel wees van die gehoor?

Opnames vind plaas by Urban Brew Studios in Randburg en die datums is:

19 Junie: oggend en middag - 2 episodes

20 Junie: oggend en middag - 2 episodes

26 Junie: oggend en middag - 2 episodes

27 Junie: oggend en middag - 2 episodes

3 Julie: oggend en middag - 2 episodes (semi-finale)

4 Julie: oggend, middag en aand - 3 episodes (semi-finaal en finaal)

Vir besprekings stuur asb jul besonderhede na kok@kyknet.co.za. Kom sien ons karaoke konings in aksie!