Die 13 halfuur-lange episodes word elke Maandagaand om 20:00 op kykNET uitgesaai.
Volgens ’n persverklaring van Stark Films is Parys Parys ’n “aweregse Afrikaanse gesinskomedie”.
“In hierdie reeks, geskets teen die agtergrond van die prentjiemooi Vrystaatse juweel, Parys, deel ’n gewone Afrikaanse gesin hul daaglikse beproewinge en uitdagings met die kyker met net soveel woema as waarmee hul voorouers oor die Drakensberg gedrafstap het,” lui die persverklaring.

Die gesin, die Kleynhanse bestaan uit pa Jan (Hannes Muller), ma Elsa (Esther von Waltsleben), hul seun, JJ (Neil Sharim) en dogter, Francoise (Lize-Marie Robertson) en dan is daar ook nog Elsa se “nikswerd broer” Kleinkoos (André Weidemann) en oom Tjoppie (Johan van der Merwe), die alomteenwoordige buurman.

Laat weet ons wat jy van die reeks dink!

*In die volgende episode (Maandag 23 Julie), probeer Elsa iets doen aan Jan se snorkery, JJ hang nat biltong in sy kamer op en sy vegetariër-sussie wil uittrek.