Die Australiese sangeres Kylie Minogue het glo nuwe liefde gevind in die arms van ’n veel jonger akteur. Hello! berig dat die 47-jarige blondine en Joshua Sasse (27) afgeneem is terwyl hulle stap en liefdevol hande vashou. 

Hulle het op die stel van Joshua se komedie-program, Galavant, ontmoet. Kylie was ’n gas op dié program en het ’n foto van hul ontmoeting op haar Instagram-blad gedeel.

Volgens Daily Mail is dit Kylie se eerste verhouding sedert sy en die Spaanse model Andres Velencoso hul verhouding in 2013 beëindig het. Hulle was 5 jaar saam.

Bronne: Hello! en Daily Mail

Lees ook