Ernst Joubert, voormalige kaptein van die Gauteng Leeus-rugbyspan en die broer van sangeres, Alta Joubert, is Minki van der Westhuizen se nuwe liefde. Hy speel nou vir die Saracens-rugbyklub in Engeland.

Minki is die tweede Sport's Illustrated swembroekmodel waarmee Ernst uitgaan. Sy naam is voorheen aan die model Jenna Pietersen, veral bekend vir haar onderklere- en swemklere-fotosessies, gekoppel. Invictus-ster Marguerite Wheatley was ook 'n vorige liefde.

Minki se huwelik met die Stellenbosse sakeman Constant Visser het verlede jaar op die rotse geloop.