Nicole Kidman se vertolking van Grace Kelly in Grace of Monaco kry reeds komplimente. Kyk die lokprent hier.

Dit is die jaar van prinses-films. Diana, 'n fliek oor prinses Diana se lewe en dood, het onlangs sy bekendstelling gehad. Maar die reaksie daarop is tot dusver nie baie positief nie. Die lokprent vir Grace of Monaco, die film oor prinses Grace, is ook nou bekend gestel.

Die ouma wat prins George nooit gaan ken nie

Dié lokprent wys net dele uit die fliek waarin Nicole Kidman prins Rainier van Monaco se wyle vrou vertolk. Teen die agtergrond van opera-musiek sê 'n stem: "Lank nadat die huis van Grimaldi geval het, sal die wêreld steeds jóú naam onthou". (Sien die lokprent hieronder.) Kritici wat reeds die prent gesien het, sê Nicole se vertolking is baie oortuigend.

Maar die fliek is nie sonder omstredenheid nie. Die prinses se familie voel dat die fliek Grace té veel van 'n betowerende figuur maak.

2FOTO: Grace Kelly (links) en Nicole (regs)

FOTO'S: Grace Kelly se kleinseun trou

Die film fokus op Grace se persoonlike lewe in 1962, tydens die belasting-twis tussen Frankryk en Monaco. Die regisseur is Olivier Dahan, wat ook verantwoordelik was vir La Vie en Rose. Volgens hom ondersoek die fliek Grace as mens - hoe sy haar familie, haar man en haar loopbaan met mekaar wou versoen.

GREPE UIT GRACE OF MONACO:

3Die Australiese aktrise moes 'n Europees-Amerikaanse aksent aanleer vir die rol van dié Pennsilvaniese boorling wat 'n Hollywood-ikoon geword het.

4Die krulpaaie van Monaco.

5Die ikoniese blou balrok van prinses Grace.

6(FOTO'S: The Weinstein Company / www.youtube.com)

HIERONDER IS DIE LOKPRENT VIR GRACE OF MONACO:

Die ander prinses-fliek, Diana, word baie negatief ontvang. Resensente noem die fliek "goedkoop" en "onoortuigend". Naomi Watts (ook 'n Australiër soos Nicole) vertolk Diana. Hieronder is die lokprent vir Diana:

Naomi Watts by Diana-première

Bron: Daily Mail