Nuwe sepie op M-Net

Deur Madge Booth
04 Maart 2011
Oor minder as ’n maand is daar ’n nuwe sepie op M-Net te sien!

The Wild is ’n Suid-Afrikaanse sepie enig in sy soort,” vertel Maud Nale, die publisiteitsagent vir dié sepie. Anders as ander plaaslike sepies word The Wild glad nie in ’n ateljee geskiet nie. Dit word op verskillende plekke in en om Johannesburg geskiet, maar hoofsaaklik by ’n vyster-lodge op ’n wildplaas in die omgewing. Kykers kan uitsien na ’n ongelooflike boeiende storielyn en die werk van ’n ervare produksiespan. Daar is drama, romanse, bitsige karakters en natuurlik so eie aan SA, wilde diere, in die sepie te sien. Dit is vanaf 4 April om 18:00 op M-Net, kanaal 101 op DStv, te sien. Dit sal vier dae per week, van Maandag tot Donderdag, uitgesaai word.

Die name van al die akteurs in die sepie is nog nie bekend gemaak nie, maar die paartjie Connie en Shona Ferguson speel beslis daarin. Connie was die laaste 16 jaar in Generations en Shona het in onder meer Isidingo en Scandal gespeel. Connie vertolk die rol van Marang Lebone, ’n moederfiguur met baie geld en mag. Sy en Shona is baie opgewonde oor die produksie, veral omdat daar nog nie so iets op plaaslike televisie gedoen is nie. Die sepie sal ook die eerste wees wat in HD gekyk kan word.