Oprah Winfrey, Hillary Clinton, Beyoncé, JK Rowling, Christine Lagarde van die Internasionale Monetêre Fonds en Sheryl Sandberg is net van die bekendes wat dié bevinding ondersteun. Al dié suksesvolle vroue is die oudste in hul gesinne.

Die navorsers het statisties bewys dat vroue wat eerste gebore is meer ambisieus en beter gekwalifiseerd is as hul sibbe. Dié meisies se asperasies is hoër wat daartoe lei dat hulle hoër akademiese kwalifikasies behaal en 4% meer waarskynlik is om verdere akademiese kwalifikasies na te streef.

Oudste meisie vs oudste seun

Hulle het ook bevind dat meisies wat eerste gebore is 13% meer ambisieus is as seuns wat eerste gebore is.

Oudste kinders is oor die algemeen meer waarskynlik om beter te presteer as hul broers en suster. Hoe groter die gaping tussen die kinders, hoe beter is die kans dat die jonger sibbe ook presteer. Die optimale ouderdomsgaping volgens die navorsers is 4 jaar.

Die rede hiervoor is nog nie duidelik nie, maar die hoofnavorser, Feifei Bu, sê dis moontlik dat ouers meer tyd en energie aan hul eerste kind spandeer. As die oudste kind ouer is, het ouers weer meer tyd om dieselfde hoeveelheid energie aan die tweede kind te spandeer.

Bron: The Independant