Die beeldskone TV-aanbieder en voormalige Mej SA. Jo-Ann Strauss gaan binnekort nie slegs ’n nuwe ma wees nie, maar ook ’n direkteur by Media 24. 

Nie net is die swanger skoonheid se eersteling op pad nie, sy is ook aangestel as ’n nuwe direkteur by Media 24.

Sy is baie opgewonde oor dié nuwe rol en het die volgende op haar Facebook-blad geskryf:

Honoured to be part of the Media24 team and to have been appointed to the board of such a phenomenal company. I am looking forward to learning from and contributing to the wonderful group of people who continue to make this proudly South African company successful and meaningful.

Jo-Ann, wat ’n aanbieder by Top Billing was, het ook ’n sakebrein. Nie net het sy ’n BCom-graad in regte aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf nie, dié voormalige Mej. SA se sakebelange sluit ook ’n direkteurskap in by Partnership Investments, ’n maatskappy met belange in onder meer die media, mynbou en eiendom.

Sy is ook die aanbieder van haareie TV-program, Glambition, op e.tv. Jo-Ann het selfs party van dié episodes se vervaardiging self hanteer.

Jo-Ann se baba groei!