Menige meisie wou Baby (Jennifer Grey) wees en in Johnny (Patrick Swayze) se arms dans!

Nou word dié gewilde 1987-fliek weer gemaak, berig yahoo.com! Kenny Ortega, wat betrokke was by die oorspronklike fliek se choreografie, sal die regisseur wees. Hy besef dat daar baie druk op hom is met die nuwe Dirty Dancing omdat die eerste een so gewild was.

Kenny was ook die regisseur van High School Musical en Michael Jackson se This Is It.

Ou gewilde liedjies wat weer gebruik sal word, is Time of My Life, Hungry Eyes en She’s Like the Wind.

Die projek is nog in sy beginstadium en daar is nog nie akteurs gekies vir die onderskeie rolle nie. Wie ook al daarin sal speel, het baie groot skoene om te vul!

Wie moet die twee hoofrolle speel? Sê vir ons wat jy dink.