Om agt jaar in die Withuis te werk sal die meeste van ons dryf om ’n behoorlike vakansie te wil hou. Dis presies wat oud-president Barack Obama gedoen het.

Vir die eerste keer sedert sy twee ampstermyne verstryk het, kan hy behoorlik ontspan sonder dat ’n horde veiligheidsmense hom met arendsoë dophou. Sy vrou, Michelle, was saam met hom. En waar het die Obamas vakansie gehou? Sommer op die Virgin-grootbaas, sir Richard Branson, se private eiland, Moskito, berig CNN. Branson het die eiland in 2007 vir £10 miljoen (sowat R168 miljoen) gekoop. Dis deel van die Britse Maagde-eilandgroep.

Branson het ’n foto en ’n video op sosiale media gedeel waar Obama in die water kerjakker. Dit lyk omtrent lekker!

Kyk net die video:

Challenged President Barack Obama to a kitesurfing v foilboarding contest - here's what happened. A video posted by Richard Branson (@richardbranson) on

Terug in Washington

Die Obamas is reeds terug in Washington DC, waar hulle gaan woon tot hul jongste dogter, Sasha, haar skoolloopbaan voltooi. Beide Barack en Michelle is nou betrokke by hul stigting, Obama Foundation.

Lees nou

Ons is opgewonde oor Regardt Scheepers

5 nuusstories vir vandag, 8 Februarie 2017

Ons is opgewonde oor De Klerk Oelofse