SARLA bestaan uit voormalige Springbok- en provinsiale-rugbyspelers wat ’n liefdadigheidstrust begin het.

Die banket word 22 November 2011 gehou by Emporers Palace. SARLA doen ’n beroep op korporatiewe leiers om die aand te ondersteun en só vir Joost te help om sy mediese onkoste te dek.

Die hooffokus van SARLA is om geld in te samel vir die ontwikkeling van rugby op voetsool-vlak sowel as klub-rugby in SA, maar in uitsonderlike gevalle samel hulle geld in vir ander doeleindes soos dié.

Joost van der Westhuizen het deur sy loopbaan as Springbok-rugbyspeler dié trust deurlopend ondersteun, en nou wil hulle op hul beurt vir hom help.

Joost is pas terug van Amerika waar hy toetse ondergaan het by die Cleaveland Medical Centre in Ohio. Daar is bevestig dat Joost wel die gevreesde ALS (Amiotropiese Laterale Sklerose) het. Dit val die senuweestelsel aan in die brein en die rugstring, en dit beperk gekontroleerde spierbeheer. Mens verloor die vermoë om boodskappe na jou spiere te stuur, en mettertyd die gebruik van jou ledemate.

Dié banket gaan deur Sprinkbok-rugbyspelers, voormalige kapteins van die Springbokspan en vele ander bekendes bygewoon word. Johnny Clegg en Watershed sal die vermaak verskaf terwyl gaste verwelkom sal word deur die Bloubulle se Cheerleaders en Malcom Ferreira (Player 23).

Joost sal binnekort terugkeer na die VSA vir opvolg-behandelings.

Gavin Varejes, die president van SARLA, sê Joost is oorweldig deur die ongelooflike ondersteuning wat hy van Suid-Afrikaners uit alle oorde ontvang.

Om die banket by te woon kan ’n tafel vir R10 000, of ’n sitplek vir R2 000 bespreek word by Danielle Crook: 011 523 3186 of Danielle@sarugbylegends.com.

Vir meer inligting besoek www.sarugbylegends.com

OM TE WEET:

•    80% van pasiënte sterf binne 2-5 jaar ná diagnose
•    Daar word vermoed daar is 'n verband tussen dié siekte in sportmanne
•    5 uit elke 100 000 mense het dié siekte
•    Lees hieronder meer oor ASL