Amerika se grootste country-sterre het gisteraand die rooi tapyt in Nashville betree vir die CMT (Country Music Television)-musiektoekennings. SARIE se moderedakteur, Amaria Carstens, kies haar gunsteling-uitrustings.

Amaria se 3 gunsteling-uitrustings

"My gunsteling is loshande Carrie Underwood se maksi-rok met die oorgroot blompatroon. Dié styl gaan ’n gewilde trend vir somer 2014-'2015 wees," sê Amaria. Miranda Lambert (bo regs) se mini-rok met lae halslyn het ook Amaria se aandag getrek. "Dié sangeres het eenvoudige bykomstighede gekies sodat die rok nie die kollig moes deel nie," sê Amaria. Jennifer Nettles het gewys hoe stylvol ’n wyepypbroek kan lyk. Die blinker-top het dié uitrusting ’n aandvoorkoms gegee. WAT DINK JY? WATTER UITRUSTING IS JÓÚ GUNSTELING? Lewer kommentaar hier of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad