Met haar blou oë en lang blonde hare laat Blake Lively mans se koppe draai. Maar dis die Hollywood-aktrise se mode-uitrustings wat ons vroue twee keer laat kyk.

Sedert haar debuut in die TV-tienerdramareeks Gossip Girl het Blake gereeld mode-oomblikke. Maar deesdae is dit veral haar broekpakke wat aandag trek.

En moenie glo dis vervelig nie! Sy kies interessante kleure, style en bykomstighede om dit sexy te stileer.

Volgens SARIE se mode-stilis, Magdel Muller, is ’n pak ’n slim keuse vir enige vrou. “’n Vrou in ’n pak kom sterk en vreesloos oor.”

’n Pak kan modern en stylvol wees ongeag die okkasie, sê Magdel. “Die dae toe pakke as formeel beskou is, is verby. Jy hoef ook nie bang te wees vir gekleurde pakke nie.” 

Volgens Magdel wil baie vroue nie pakke koop omdat hulle nie weet hoe om dit te dra of te stileer nie.

So hoe doen jy dit? “Eerstens, koop ’n pak wat by jou figuur pas. Tweedens, stileer dit modern met ’n hakskoen of selfs modieuse tekkies soos All Stars of VANS.”

FOTO Instagram

En ons manne? Hoe dra hulle deesdae die pak?

Volgens Dean Paulse, SARIE se digitale skrywer, is tekkies by ’n pak deesdae net so gewild onder mans. “Tye het verander en mans begin net soveel eksperimenteer met klere, veral met pakke.”

Dean meen tekkies by ’n pak lyk dadelik modern en stylvol. “Jy kan dit formeel en meer informeel dra.”

Veral oud-sokkerspeler David Beckham wys hoe die voorkoms gedra kan word.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Magdel sê vroue moet eksperimenteer met hul pak. “Meng en pas dit met jou ander mode-items.”

Laaste wenk? Rond jou pak af met donker ingekleurde lippe!

Hier’s ’n paar voorbeelde

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Getty Images
 
FOTO Instagram