As die Afrikaanse musiekbedryf ’n melkweg was, was dié 14 beslis onder die blinkste sterre. Elkeen het op hul unieke manier hul stempel op die musiek-landkaart afgedruk – of dit nou Steve Hofmeyr is wat al dekades lank ’n legende is, Juanita du Plessis wat 15 jaar terug die bedryf soos ’n tsoenami getref het, of Karlien van Jaarsveld en Riana Nel wat onlangs almal laat regop sit het.

Een ding is egter duidelik: Afrikaans is nie net groot nie, dit raak al hoe groter! Nog nooit het ons soveel sterre in so baie genres in ons eie taal gehad nie.

Lees in ons Oktober-uitgawe meer oor Steve, Juanita, Bok, Bobby, Karlien, Jannie Moolman, Corlea, Theuns, Jak, Robbie en Riana Nel.

Wat jy nie van Jay en Lianie geweet het nie

  • Lianie se jongste CD, Lank lewe die liefde, en haar duet-CD saam met Jay, Bonnie en Clyde, het albei al platinumstatus (verkope van 40 000) verbygesteek.
  • Wat jy nie van Lianie geweet het nie: “Ek is ’n people pleaser. Dis nie altyd ’n goeie ding nie, want mense kan my maklik misbruik. ek is ook ’n perfeksionis.”
  • Jay se grootste treffer, “Melanie”, en die gelyknamige album het hom twee Huisgenoot-tempo-toekennings asook twee SAMA-benoemings besorg.
  • Jay gebruik net sy eie mikrofoon vir vertonings en kan eenvoudig nie optree sonder sy gunsteling-gordel en sy blikkie Zam-Buk-salf nie!


KYK DIE VIDEO VAN JAY EN LIANIE SE VOORBLADSESSIE