Die oomblik as ’n kind in jou lewe kom, verander alles in ’n oogwink. Die liefde van ’n pa vir sy kinders is iets besonders om te aanskou. Pa's en hul kinders maak die mooiste foto's.

In die Julie-uitgawe van SARIE nou op die rak vertel Emo en Bobby van Jaarsveld wat pa-wees vir hul beteken.Ons kyk ook na ander bekende pa's wat SARIE oor die jare met hul kleingoed afgeneem het!

Sondag is Vadersdag en ons vier die pa's.

Sanger Emo Adams saam met sy vrou, Michelle Gildenhuys, en hul eersteling, klein Kadar Zayn

FOTO: Nelis Engelbrecht Photography FOTO Nelis Engelbrecht Photography (SARIE Julie-2016) Die rock-ster Arno Carstens en sy seun Hayden

Hy’s net 3 jaar oud, maar Hayden het die lewe van een van SA se grootste rock-sterre verander. Arno van Springbok Nude Girls-faam kyk deesdae na die wêreld deur sy seuntjie se onskuldige oë. “Om pa te wees het my soveel geduld geleer en dit laat jou toe om met die wêreld te reconnect.” Een van Arno se eerste solo-liedjies, “Another Universe”, het dadelik ’n SA gunsteling geword, veral nadat dit destyds in die Volkswagen Touareg-advertensie gebruik is. Dié advertensie gaan oor ’n pa en seun wat hul verhouding versterk terwyl hulle deur SA reis. En nou ervaar Arno self die vreugde van vaderskap. “Dit is super-cool om ’n pa te wees. As daar drie goed is wat ek vir Hayden kan leer, is dit om pret te hê, ander te respekteer en om nooit jouself te onderskat nie.”

Arno se eerste Afrikaanse vollengte-album, Die Aandblom, word op 13 Julie bekend gestel. Sy eerste enkelsnit, “Ontwaak”, is reeds op iTunes beskikbaar.

FOTO Vanessa Correia en Chloe vir Menina +May Photography FOTO Vanessa Correia en Chloe vir Menina + May Photography

Sanger Steve Hofmeyr en sy seuns Sebastian (links bo), Benjamin (links onder), Armand (regs bo), Devon (regs onder)  

FOTO: Leana Clunies-Ross FOTO Leana Clunies-Ross (SARIE Junie-2013)

Oud-Springbok Schalk Burger en sy kinders, Schalk jnr. en Nicole

FOTO Willem Lourens (SARIE Junie-2014) FOTO Willem Lourens (SARIE Junie-2014)

Jak de Priester en sy oudste twee kinders, Mija en Jamie

Sy jongste, Mika, is in 2015 gebore.

FOTO: Phyllis Green (SARIE Junie-2015) FOTO Phyllis Green (SARIE Junie-2015)

Ander bekende pa's met hul kinders

- Foto's verkry deur SARIE se projek-assistent Zulfa Bessley

Lees nou

Vadersdag-spyskaart so uit die boeke!

Dogters steel rocker-pa’s se styl

Kies so vir hom ’n geur dié Vadersdag