In 1998 het ’n 16-jarige meisie van Louisiana, VSA, ’n debuut-popalbum uitgereik wat so gewild was, dit het wêreldwyd 32 miljoen eksemplare verkoop. Wie was daai meisie? Britney Spears. 

Twintig jaar later en die album ...Baby One More Time is steeds Britney se suksesvolste album. 

Die 16-jarige Britney Spears in 1998. FOTO Getty Images/ Gallo Images

Wie kan die musiekvideo vergeet van ’n jong Britney wat in ’n skooluniform dans en sing oor haar verlore liefde?

Die kougom-poptreffer was twee weke nommer een op die Billboard 100-lys. Die video is by die hoërskool Venice in Los Angeles geskiet - dieselfde skool waar die rolprente Grease (1978) en Heathers (1988) gemaak is. 

Kyk die musiekvideo:

Watter ander dinge het in 1998 in die popwêreld gebeur?

- Die Britse "koninklikes" David en Victoria Beckham het verloof geraak.

Pas verloof! Die Beckhams in 1998. FOTO Getty Images/ Gallo Images

- Die sanger Sonny Bono van die duo Sonny & Cher sterf tragies op 62.

Die bekende musiek-duo Sonny Bono en Cher. FOTO Getty Images/ Gallo Images

- Céline Dion se Titanic-liedjie "My Heart Will Go On" word 'n treffer.

Celine Dion sing een van haar vele treffers in 1998. FOTO Getty Images/ Gallo Images

- Hollywood-ikoon Frank Sinatra sterf op 82 aan ’n hartaanval.

Die Hollywood-ikoon Frank Sinatra sterf in 1998. FOTO Getty Images/ Gallo Images

- Die Disney-fliek Mulan word uitgereik. 

In 1998 het Bruce Jenner, Kendall Jenner en Kris Jenner die première van 'Mulan' bygewoon. FOTO Getty Images/ Gallo Images

- Die gewilde sanger Shawn Mendes word in Toronto, Kanada, gebore.

Sanger Shawn Mendes is in 1998 gebore. FOTO Instagram/ Shawn Mendes