"Ek't nog altyd gehoor dat jy eers volledig lewe wanneer jy 'n baba kry. En dit is waar," sê Giuliana. "Ek is mal oor my baba, en só lief vir my nuwe rol," het sy gesê.

"Hy verander elke dag, dit is ongelooflik om te sien," vertel Bill (41). "Hy't Giuliana se kuiltjies!" sê hy.

"Edward is Bill se oorlede pa se naam en my pa s'n ook. Duke beteken leier," het Giuliana oor sy naam gesê.

"Haar moederlike instink het ingeskop, sy's superma," sê Bill. "Dit maak my tranerig as ek sien hoe sy met hom is." Hy grap met haar oor sy mal daaroor is om Duke se doeke om te ruil. "Die klein goedjies maak my nou gelukkig! Ek is gelukkiger as wat ek ooit in my lewe was," sê Giuliana.

Hulle wens al jare vir hierdie bondeltjie vreugde. Ná 'n lang stryd teen infertiliteit is Giuliana met borskanker gediagnoseer. Sy het in Desember 2011 'n dubbele mastektomie gehad.

"Al die jare was die moeite werd," vertel Giuliana. "Elke inspuiting, elke doktersbesoek... As jy eers daai baba in jou arms vashou, vergeet jy al die seer," het sy gesê.

Lees die artikel by Life & Style