Die 12 finaliste in die Mej. Suid-Afrika 2017-kompetisie is gisteraand aangewys en jy kan van môre af begin stem vir jou gunsteling!

Hier is vyf vinnige feite oor vanjaar se kompetisie:

• Mej. SA vir 2017 word Sondag 26 Maart by die Superbowl in Sun City gekroon. Die geleentheid word regstreeks op M-Net en Mzansi Magic uitgesaai.

• Die nuwe Mej. SA sal nie net die mooiste ambassadeur van die land wees nie, maar ook deel word van die eksklusiewe klub van miljoenêrs. Danksy die hoofborge, Sun International en Cell C, wen sy R1 miljoen in kontant.

• Elke finalis stap met ’n kontantprys van R25 000 weg.

• Vanjaar tel die publiek se stem 25% van die algehele punte wat die wenner sal bepaal. Die stemproses open om middernag vanaand.

Hier is die 12 finaliste vir 2017 in alfabetiese volgorde:

Ade van Heerden, 25, mediese student van Heroldsbaai, Wes-Kaap

Ade van Heerden - Herold's Bay Western Cape Pic by Yolanda van der Stoep 2

Boipelo Mabe, 23, meesterstudent van Alexandra, Gauteng

Boipelo Mabe Alexandra Gauteng Pic by Yolanda van der Stoep 2

Demi-Leigh Nel-Peters, 21, BCom-finalejaarstudent van Sedgefield, Wes-Kaap

Demi-Leigh Nel-Peters - Sedgefield Western Cape Pic by Yolanda van der Stoep

Iman Mkwanazi, 26, professionele model van Lenasia, Gauteng

Iman Mkwanazi - Lenasia Gauteng Pic by Yolanda van der Stoep

Kayla Malherbe, 21, professionele model van Mtunzini, KwaZulu-Natal

Kayla Malherbe - Mtunzini KZN Pic by Yolanda van der Stoep

Nicole van Niekerk, 26, geleentheidskoördineerder van Môregloed, Pretoria

Nicole van Niekerk - Moregloed Pretoria Gauteng Pic by Yolanda van der Stoep

Nompumelelo Mampholo, 20, sakevrou van Diepkloof, Soweto

Nompumelelo Mampholo - Diepkloof Soweto Gauteng Pic by Yolanda van Stoep 2

Odirile Sepeng, 23, regstudent van Mabopane, Pretoria

Odirile Sepeng - Mabopane Pretoria Gauteng  Pic by Yolanda van der Stoep 2

Priyeshka Lutchman, 24, student en model van Durban

Priyeshka Lutchman - Yellowwood Park Durban KZN Pic by Yolanda van der Stoep 2

Shané Naidoo, 24, ingenieurstudent van Benoni

Shane Naidoo - Benoni Gauteng Pic by Yolanda van der Stoep 2

Shelbe Pretorius, 23, sakevrou van Krugersdorp

Shelbe Pretorius - Pinehaven Krugersdorp Gauteng Pic by Yolanda van der Stoep 3

Yuta Raubenheimer, 25, kliëntedienstoesighouer van Kameeldrift, Pretoria

Yuta Raubenheimer - Kameeldrift Pretoria Gauteng Pic by Yolanda van der Stoep

Lees nou

FOTO: Voormalige Mej. SA Nicole Flint trou

Kry die voorkoms: Mej. SA se glansryke grimering

Voormalige Mej. SA Vanessa Carreira se drieling verjaar!