Nóg ’n Afrikaanse fliek met van jou gunsteling-akteurs sal vanaf Februarie 2015 in teaters begin wys. Mooirivier – Liefde wen, altyd is ’n nuwe fliek van die vervaardigers van Klein-Karoo. 

Die storie

Dis Paastyd in Potchefstroom en vyf paartjies – van 12 tot 40 jaar oud – gaan op ’n ontdekkingstog oor waaroor die liefde eintlik gaan.

Die karakters

Die karakters gaan jou hart steel, jou laat lag én laat huil. Hierdie week stel SARIE.com van die karakters bekend om jou nóg meer na dié fliek te laat uitsien.

Heinz Winckler

Heinz speel ’n 33-jarige aantreklike, bekende Afrikaanse popster, Dave Meyer. Al die vroue is mal oor hom en hy kan hulle maklik om sy pinkie draai. Hy is besig met ’n landwye toer vir sy nuutste album, en as deel daarvan het hy ingestem om op te tree op Potchefstroom se jaarlikse Paaskonsert. Hy is vol selfvertroue (sommige mense mag dalk selfs sê hy is arrogant) en gewoond daaraan om te kry wat hy wil hê, met ’n reputasie wat hom ver vooruit loop.

mooirivier heinz winckler nadia beukes

Nadia Beukes

Nadia speel die rol van Marcelle, ’n enkelma en vreeslik sinies oor die liefde. Sy werk as kelnerin/skoonmaker by die 5-ster-dorpshotel, waar Dave Meyer (Heinz Winckler) met sy entourage bly. Die vorige man op wie sy verlief geraak het, het haar hart gebreek en haar gelos om alleen haar dogter groot te maak. Sy werk ontsaglik hard en wil graag haar posisie by die hotel verbeter en miskien dalk selfs die bestuurder word.

Heinz en Nadia op die Mooirivier-stel FOTO: Twitter @NadiaBeukes Heinz en Nadia op die Mooirivier-stel
FOTO: Twitter @NadiaBeukes

Kyk hier na die lokprent van Mooirivier

WEN R95 000 se pryse met Mooirivier-fliek - klik HIER

Lees ook