Die Afrikaanse sanger Jo Black is in 2018 as SARIE se Mooiste Man aangewys. En met rede! Nie net bekoor die man ons met sy rasperstem nie, met sy groenbruin oë, donker hare en sjarmante glimlag is hy ook ’n baie aantreklike man.

Dis bekend dat Jo uit ’n groot gesin kom. Maar dat sy broer óók aantreklik is, was ’n aangename verrassing. Sy jonger broer, Willem Engelbrecht, is beslis sag op die oog!

Willem deel gereeld foto’s van sy aktiewe leefstyl op sy Instagram-blad. Dit lyk of hy gaande is oor roei, visvang en fiksheidsoefeninge. Hy ondersteun Jo ook met sy Be That Guy/Girl-beweging waar by skole, mansnaweke en korporatiewe gesellighede omgegaan word om mense te inspireer om ’n beter mens te wees.

Kyk net hier:

FOTO Instagram / Willem Engelbrecht
FOTO Instagram / Willem Engelbrecht
FOTO Instagram / Willem Engelbrecht
FOTO Instagram / Willem Engelbrecht
FOTO Instagram / Willem Engelbrecht