Vir sewe seisoene het Meghan Markle die rol van Rachel Zane in die Amerikaanse reeks Suits vertolk. Nou is sy verloof aan prins Harry en woon in Kensington-paleis. Trouklokkies gaan 19 Mei vir dié paartjie lui.

Meghan en haar geliefde is onlangs in Skotland gewaar.

FOTO Instagram / @instylemagazine
FOTO Instagram / @buro247me

Maar vir TV-land het Meghan vaarwel toegeroep. Sy gaan nie vir 'n agste seisoen terugkeer nie. Suits het egter 'n plaasvervanger gekry: Katherine Heigl, beter bekend as dr. Izzy Stevens van Grey's Anatomy.

Katherine gaan die rol van Samantha Wheeler, 'n nuwe vennoot van die regsfirma Pearson Specter Litt, vertolk, berig USA Today. Sy gaan glo vir Harvey Specter (Gabriel Macht) 'n moeilike tyd gee. 

FOTO Instagram / @katherineheigl

Meghan is nie al een wat die reeks verlaat nie. Die akteur Patrick J. Adams, wat Mike Ross speel, gaan ook groet. In die reeks is Meghan en Patrick se karakters verloof. 

FOTO Instagram / @suits_usa

Patrick se karakter gaan ook vervang word en die Dulé Hill gaan 'n nuwe rol in Suits speel. 

Die akteur Dulé Hill gaan ook by Suits aansluit. FOTO Instagram / @yardpedia