Sy's nie nuut op die kassie nie, jy't haar waarskynlik al op MK se Studio 1 gesien, én sy's 'n radio-omroeper op 5fm.

"Ek is so gelukkig, só baie gelukkig en geëerd om die titel te mag dra," het sy eergister (5 Junie 2011) by die aankondigingsaand gesê.

Elma was een van 15 finaliste wie die goedkeuring van 4 bekende beoordelaars moes kry. Naas Botha, Elana Afrika, Darren Scott en Ashley Hayden was dit eens dat Smit met die titel moes wegstap, verál na haar goeie onderhoud met Bloubul-senter Wynand Olivier. Dit was die laaste taak wat die top-3 finaliste moes verrig, en Smit het haar goed van haar taak gekwyt.

Op die sosiale netwerk Twitter het sy van haar laat hoor: "I have SO many people to thank,I will try to get to each one personally but please know that EVERY message of support means the world to me!" Volg haar by @elmakapelma of sluit aan by haar Facebook-groep Elma Smit.

Elma Smit, Lady Rugga

Elma se rugby-gunstelinge: 

Rugbyspan Stormers & Boks
Rugbyspeler Schalk Burger
Rugby-aanbieder Xola Ntshinga
Rugby-kommentator Hugh Bladen

Elma vertrek in September na Nieu-Seeland vir die 2011 Rugbywêreldbeker.

Kyk haar Lady Rugga-oudisievideo

Bron: www.supersport.com