Een gelukkige SA aanhanger van The Twilight Saga gaan die kans kry om Stephenie Meyer, die skrywer van dié internasionale topverkopers, persoonlik te ontmoet. Haar bewonderaars is wêreldwyd in rep en roer, want altesaam 10 van hulle gaan vir Stephenie ontmoet.
Hierdie eenmalige geleentheid gaan gepaard met die vrystelling van The Twilight Saga: The Official Illustrated Guide, ’n volledige uitgawe van al vier boeke, met kommentaar deur die skrywer en illustrasies daarby. Elkeen van die10 super-fans sal ’n eksemplaar van die boek ontvang en Twilight-vrae aan Stephenie kan vra. “Wat ek die meeste mis van my heel eerste boektoere, is die gehalte-tyd saam met lesers,” sê Stephenie. “By ’n geleentheid waar daar net tien of twintig mense is, is dit moontlik om almal so ’n bietjie te leer ken. Ek is baie opgewonde om weer dié kans te hê en om aanhangers van verskillende plekke en agtergronde te ontmoet.” Die kompetisie eindig 22 Februarie. Besoek Stephenie Meyer se webblad om in te skryf by www.stepheniemeyer.co.uk