Gordon Ramsay, die Britse sjef wat so gereeld mense in sy kombuis uitskel, is glo so mak soos 'n lammetjie as dit kom by sy vier kinders, Megan, Matilda, Jack en Holly. 

Nou gaan die 52-jarige en sy vroulief, Tana (44), hul vyfde kind verwelkom. 

In 2016 was Tana vyf maande swanger toe sy die baba ná 'n miskraam verloor het.

Gordon het die goeie nuus op sy Instagram-blad gedeel: