Hier is die eerste kykie van The Oprah Winfrey Show: Reflections on an American Legacy wat 15 November 2011 te koop sal wees. Daar is meer as 150 kleurfoto’s en 25 jaar se onvergeetlike aha-oomblikke in dié boek, berig USAtoday.com. Die laaste episode van Oprah se gewilde TV-program is op 25 Mei vanjaar in Amerika uitgesaai.

Die boek word deur Oprah se ateljee, Harpo Inc, in samewerking met Abrams-uitgewers uitgegee. Volgens Katrina Weidknecht, reklamedirekteur van Abrams, was Oprah self baie betrokke by die hele proses.

’n Paar Amerikaanse bekendes het ’n bydrae gelewer. Hulle is onder andere:

Bono van U2 oor sosiale betrokkenheid

Ellen DeGeneres oor gelykheid

Julia Roberts oor kultuur en styl

Dr. Phil McGraw oor persoonlike groei

Dr. Mehmet Oz oor gesondheid

John Travolta en Phil Donahue gee erkenning aan Oprah