Optog! is ’n gedekonstrueerde kunstefees versprei oor ’n paar maande. En die hele konsert kom na jou toe! 

Daar word in teaters, skoolsale en stadsale opgetree op dorpe soos Kathu, Malmesbury, Hermanus, Roodepoort, Colesberg, Welkom, Sasolburg, Ermelo, Kuruman en Tzaneen, om maar ’n paar te noem. Sowat 20 produksies sal oor ’n tydperk van 10 maande aangebied word.

Wie is die kunstenaars?

Mense kan uitsien na optredes en produksies deur verskeie van ons top-kunstenaars. Optog! bring teaterstukke soos Drie Susters (Margit Meyer-Rödenbeck, Lizz Meiring en Nicole Holm,) en Nêrens, Noord-Kaap (Albert Pretorius, De Klerk Oelofse en Geon Nel), kunstenaars soos Jo Black, Refentse, Elvis Blue, Drie van die Bestes (Kevin Leo, Danie Niehaus en Mathys Roets), Laurika Rauch, sowel as Corlea Botha en Vicky Sampson sáám op die verhoog!

Die lys is lank, maar jy kan verseker wees dat bekendes en legendes jou dorp gaan binnevaar om te inspireer, te vermaak en te herbou.

Loer hier na die Junie-skedule:

Jo Black

1 Junie 2019 - Port Elizabeth, Oos-Kaap

4 Junie 2019 - Hartenbos, Wes-Kaap

5 Junie 2019 - Durbanville, Wes-Kaap

6 Junie 2019 - Worcester, Wes-Kaap

8 Junie 2019 - Kimberley, Noord-Kaap

12 Junie 2019 - Sasolburg, Vrystaat

13 Junie 2019 - Kroonstad, Vrystaat

14 Junie 2019 - Parys, Vrystaat

16 Junie 2019 - Polokwane, Limpopo

Jak de Priester

1 Junie 2019 - Vredendal, Wes-Kaap

5 Junie 2019 - Welkom, Vrystaat


Hoe weet ek of hulle na my dorp kom?

Gaan na iTickets. Sodra jy jou dorp/plek invul, sal die lys van konserte verskyn met datums en pryse vir jou bespreking.

Jy kan jou kaartjies aanlyn op iTickets bespreek. Jy kan ook gerus vir iTickets skakel op 086 100 0291 om deur ’n ander betaalmetode jou kaartjies te bespreek. Pretorianers kan ook by die Atterburyteater se kaartjiekantoor inloer om Optog!-kaartjies te bespreek.

Volg Optog! op Facebook en Instagram om altyd op hoogte te wees met die nuuste produksies wat hulle by hul ellelange program voeg.

OPTOG
FOTO'S Verskaf

In Nataniël se woorde: "Ek het grootgeword op klein dorpies, in ’n tyd toe toneelstukke en musiekkonserte deur rondreisende geselskappe aangebied is. Dit het my lewe verander, my aan die gang gehou met die belofte van magic. Almal moet dit beleef.”