Die nuwe fliek, The Great Gatsby, is gebaseer op F. Scott Fitzgerald se gelyknamige boek. Die historiese drama is verlede jaar in tipiese Luhrmann-styl in Sydney verfilm, maar dit spog met ’n hedendaagse klankbaan.

Kanye West, Jay-Z en die White Stripes se voorsanger, Jack White, sing daarop. Ook op die wêreld se mode-loopplanke en op rooi tapyte is die gatsby modetrend groot nuus.

Ander sterre in die fliek sluit in Carey Mulligan, Joel Edgerton, Tobey Maguire en Isla Fisher. Dit word aan die einde van die jaar bekend gestel – kyk solank die lokprent.

Wat was jou gunsteling-DiCaprio-fliek van alle tye?