Die 36-jarige akteur Orlando Bloom en sy Australiese model-vrou, Miranda Kerr (30), se huwelik van 3 jaar het skipbreuk gely. En dié nuus het almal onkant betrap.

Dié paartjie se agente het bevestig dat hulle al vroeër die jaar besluit het dat hul huwelik verby is, maar tot nou gewag het om dít bekend te maak. Dié persvrystelling lui: "Ten spyte daarvan dat dit die einde van hul huwelik is, hou hulle aan om mekaar te ondersteun en lief te hê."

SA model en aktrise praat oor haar rol teenoor Orlando Bloom

Die paartjie het die dag nadat dié persverklaring uitgestuur is, saam met hul seun, die 2-jarige Flynn, op ’n uitstappie gegaan. Dié drie het eers in die park gaan speel en daarna iets in New York geëet. Dit was hulle manier om te wys dat hulle nie as kwaaivriende uitmekaar is nie.

FOTO: Instagram Miranda onlangs op Instagram. FOTO: Instagram

Só hanteer jy ’n egskeiding - Sielkundige Louis Awerbuck gee raad

Orlando en Miranda was vir 6 jaar saam en vir 3 jaar getroud. Hul enigste kind, Flynn, is in 2011 gebore. Miranda is ’n voormalige Victoria's Secret Angel. Verlede jaar het die skindertonge geklap toe sy en Leonardo DiCaprio baie gemaklik met mekaar was tydens ’n partytjie. Leo - met ’n sagte plekkie vir modelle - het glo niks te doen met dié paartjie se besluit nie.

Miranda en Flynn

(klik op die foto om te vergroot)

Nóg onverwagte egskeidings

Die nuus dat Orlando en Miranda gaan skei, het almal onkant betrap. IDesign Times het nóg 5 celeb-egskeidings gekies wat onverwags was:

  1. Brad Pitt en Jennifer Aniston
  2. Sandra Bullock en Jesse James
  3. Tiger Woods en Elin Nordegren
  4. Jennifer Lopez And Marc Anthony
  5. Danny DeVito And Rhea Perlman

Watter sterre se egskeiding het jou verras?

Bron: Toronto Sun