Die Oscar-bekroonde aktrise Jennifer Lawrence (Silver Linings Playbook) het in 'n onderhoud met Vogue gepraat oor die paparazzi en haar hartseer kinderjare ...

Vandag is sy 'n bekroonde en geliefde aktrise. Sy is effens lomp (sy het op die trappe geval toe sy haar Oscar-beeldjie wou gaan haal!), sy lag vir haarself en gee nie voor dat sy iemand is wat sy nie is nie. Maar as kind het sy gesukkel om haarself te vind.

Jennifer Lawrence"Ek was 'n weirdo," sê dié 22-jarige blondine. "Ek het nog altyd 'n baie vreemde angstigheid gehad. Ek het pouses gehaat. Ek was nie lus vir uitstappies nie. Partytjies het my laat stres. En boonop het ek 'n anderste sin vir humor."

Die Hunger Games-aktrise deel 'n paar "snaakse" stories, soos die keer toe sy gedink het dit sal baie snaaks wees om uit 'n bewegende bus te spring. Maar dit is hierdie ervaringe, sê sy, wat van haar 'n aktrise maak wat vir haarself kan lag.

Jennifer sê ook dat sy as kind vir terapie moes gaan en medikasie geneem het vir haar buie, maar dat al haar sogenaamde emosionele probleme verdwyn het toe sy begin toneelspeel het as 15-jarige tiener. Toe sy iets gevind het waarin sy uitgeblink het, het sy ten goede verander. Haar pa kon nie glo dat die terapie en die medikasie so vinnig nadat sy begin toneelspeel het, nie meer nodig was nie.

Maar 7 jaar nadat sy haar groot liefde vir toneelspel ontdek het, sukkel Jennifer weer om aan te pas by haar omstandighede. Sy doen waarvan sy hou, maar die negatiewe van haar beroep, kry haar onder. Sy kla oor die indringing op haar privaatheid soos vreemde mans wat op die gras by haar huis slaap. "Ek voel soos 'n aap in 'n dieretuin. Ek gaan deesdae weer deur 'n baie moeilike tyd."

Die volgende superster-aktrise besiger as ooit ná Oscar

Een van die redes hiervoor kan wees dat sy van een filmstel na die volgende spring, sonder om behoorlik te rus. Ná die sukses van die Hunger Games-reeks en haar bekroning as Beste Aktrise by die Oscars vanjaar, het roem en faam dalk 'n bietjie te vinnig gekom vir dié koelkop aktrise, meen Francis Lawrence, die regisseur van haar volgende projek Catching Fire.

Nietemin is ons gaande oor Jennifer en haar eerlikheid is net nog 'n rede waarom ons gek is na haar.

Kry Jennifer se uitrusting in die SARIE-winkel:

Jennifer LawrenceDie grys rok

Baie keer voel vroue dat 'n swart rok te vaal of te formeel is. 'n Goeie opsie is die grys rok. Net soos die swart rok, is dit stylvol en pas by die meeste geleenthede afhangend van jou bykomstighede. 'n Materiaal met 'n ligte patroontjie breek ook die soliede grys. Ons het hierdie grys staatmakers uit die SARIE-winkel gesoek:

Screen Shot 2013-10-11 at 10.55.18 AM

BO LINKS: Die Stacey Dress se neklyn is iets besonders en wys mooi skouerbene af!

BO REGS: Die sakke laat dit soos 'n manshemp lyk, maar die vorm gee jou egte vroulike kurwes! Kry jou "Dress With Pocket Detail" hier.

ONDER LINKS: Die "Curve Dress" doen presies wat hy sê - wys jou kurwes!

ONDER REGS: Die "Charcoal Drawstring Dress" trek die aandag na jou dun middel, en jy kan dit so styf of los dra soos wat jy wil!

En die kant

Die effense kant wat bo by Jennifer se rok uitsteek, wys weereens dat die kant trend nog lank nie verby is nie.

Ons is mal oor hierdie pragtige kant-top met interessante patrone:

Screen Shot 2013-10-11 at 10.55.26 AMDie "Lace Top" is beskikbaar in room en swart.

Só dra jy kant

  • Die beste maniere om dié kant-trend te dra is as detail of 'n laag-op-laag-voorkoms.
  • Vir die wat meer waaghalsig is, kan 'n hele kant-uitrusting in 'n helder kleur gedra word.
  • Kant kom tot sy reg as jy helder of metaalkleurige skoene daarby dra.
  • Die sêding "goedkoop koop, is duur koop" is veral gepas by dié materiaal. Goedkoop kant, of klere met kant wat nie mooi afgewerk is nie, kan baie vinnig goedkoop lyk. Kies eerder items van 'n hoë gehalte.
  • Pas jou kant-kledingstuk mooi op! Probeer om nie juweliersware of ander bykomstighede te dra wat daaraan kan haak nie. Was dit eerder met die hand of op 'n ligte siklus in die wasmasjien.

En haar smeulende oë:

Smokey Rokerige Stap 1

Stap 1: Trek ’n breë streep teen die lyn van jou boonste wimpers met Maybelline Master Smoky Shadow-Pencil (R111). Smokey Rokerige Stap 2

Stap 2: Skakeer dit in met die sponsie aan die agterkant van die oogpotlood. Gebruik nou die sponsie om ook ’n donker lyn onder jou oog te skep. Smokey Rokerige Stap 3

Stap 3: Rond die voorkoms af met ‘n laag maskara soos Maybelline Colossal Smoky Mascara (R121).