Die aktrise Greta Gerwig, ook bekend as regisseur en draaiboekskrywer van onder meer die Oscar-bekroonde Lady Bird (2018), het haar eersteling verwelkom.

Haar woordvoerder het die nuus aan People bevestig. Die ster, wat sedert 2011 in ’n verhouding met die regisseur Noah Baumbach is, is bekend daarvoor dat sy baie gesteld is op haar privaatheid. Sy het nie haar baba se geslag of naam bekend gemaak nie.

1
FOTO Getty Images / Gallo Images

Greta het onlangs die regie van Little Women met onder andere Saoirse Ronan, Emma Watson en Meryl Streep in die hoofrolle behartig. Die fliek is gegrond op Louisa May Alcott se klassieke roman. Dis al meer as 13 keer vir die silwerskerm en TV verwerk. 

Greta Gerwig saam met die akteurs van 'Little Woman'. FOTO Instagram / Emma Watson