Tot baie se verbasing het die Academy of Motion Arts and Sciences (die raad wat kies wie en watter flieks benoem word en uiteindelik wen) Tom Hanks vir sy rolle in Saving Mr. Banks én Captain Phillips oorgesien. Sy rol as Phillips het Tom een van die gunstelinge gemaak om dié jaar die toekenning vir beste akteur te ontvang.

Nog verrassings was toe Emma Thompson ook nie ’n benoeming vir Saving Mr. Banks ontvang het nie, maar veral toe Christian Bale benoem is as beste akteur vir sy spel in American Hustle. Die fliek Nebraska se benoemings in groot kategorieë soos beste akteur, beste ondersteunende aktrise, regie én beste rolprent het ook verras.

Hier is die Oscar-benoemings vir die belangrikste kategorieë.

Die Oscar-benoemings is regstreeks op YouTube uitgesaai. FOTO: YouTube Die Oscar-benoemings is regstreeks op YouTube uitgesaai. FOTO: YouTube

Verlede jaar se Oscar-wenners

Beste aktrise in ’n hoofrol

  • Amy Adams (American Hustle)
  • Cate Blanchett (Blue Jasmine)
  • Sandra Bullock (Gravity)
  • Judi Dench (Philomena)
  • Meryl Streep (August: Osage County)

Blue Jasmine het Cate Blanchett byna geknak

Beste akteur in ’n hoofrol

  • Christian Bale (American Hustle)
  • Bruce Dern (Nebraska)
  • Leonardo DiCaprio (The Wolf of Wall Street)
  • Chiwetel Ejiofor (12 Years a Slave)
  • Matthew McConaughey (Dallas Buyers Club)

Beste aktrise in ’n ondersteunende rol

  • Sally Hawkins (Blue Jasmine)
  • Jennifer Lawrence (American Hustle)
  • Lupita Nyong'o (12 Years a Slave)
  • Julia Roberts (August: Osage County)
  • June Squibb (Nebraska)

 Beste akteur in ’n ondersteunende rol

  • Barkhad Abdi (Captain Phillips)
  • Bradley Cooper (American Hustle)
  • Michael Fassbender (12 Years a Slave)
  • Jonah Hill (The Wolf of Wall Street)
  • Jared Leto (Dallas Buyers Club)

Beste regie

  • American Hustle (David O. Russell)
  • Gravity (Alfonso Cuarón)
  • Nebraska (Alexander Payne)
  • 12 Years a Slave (Steve McQueen)
  • The Wolf of Wall Street (Martin Scorsese)

Beste rolprent

  • Captain Phillips
  • Dallas Buyers Club
  • Gravity
  • Her
  • Nebraska
  • Philomena
  • 12 Years a Slave
  • The Wolf of Wall Street

Meer oor The Wolf of Wall Street se Margot Robbie

U2 se lied “Ordinary Love”, wat spesiaal geskryf is vir Mandela: Long Walk to Freedom, is benoem vir Beste Oorspronklike lied. Dit het dié toekenning ook die naweek by die Golden Globes gewen.

Kyk hier na ons gunsteling-rokke by vanjaar se Golden Globes.

Kyk hier na al die ander benoemings.

Chris Hemsworth het vanjaar gehelp om die Oscar-benoemings aan te kondig. Sy swanger vrou, Elsa Pataky, verwag volgens The Hollywood Reporter ’n tweeling!

FOTO: YouTube FOTO: YouTube

En die swakstes in Hollywood is...

Vanjaar se Razzie-benoemings is ook vandeesweek bekend gemaak. Dié toekennings word jaarliks uitgedeel aan die jaar se swakstes. Van flieks tot akteurs, aktrises en regisseurs.

Sandra Bullock (FOTO: Gallo Images/Getty Images) Sandra Bullock (FOTO: Gallo Images/Getty Images)

Die aktrise Sandra Bullock het in 2010 ’n Razzie, oftewel Golden Raspberry-toekenning, gekry vir haar spel teenoor Bradley Cooper in die fliek All About Steve. Die volgende aand het haar spel in The Blind Side gesorg vir haar eerste Oscar. Nog vorige Razzie-wenners sluit in Jack & Jill, The Twilight Saga: Breaking Dawn, Adam Sandler, Lindsay Lohan en Orlando Bloom.

Naomi Watts (Diana), Katherine Heigl (The Big Wedding), Salma Hayek (Grown Ups 2), Adam Sandler (Grown Ups 2), Johnny Depp (The Lone Ranger) en Ashton Kutcher (JOBS) is onder die groot name wat dié jaar benoem is. Kyk op E! Online vir nog benoemings.