“Oscar Pistorius is dié jaar vir sy waagmoed, krag en uithouvermoë benoem vir die deurbraak van die jaar op die sportveld,” lui ’n persverklaring oor die geleentheid.

Oscar was die eerste gestremde atleet om ’n medalje te wen by ’n byeenkoms vir nie-gestremdes dié jaar by die Wêreld kampioenskappe in Daegu in Suid-Korea. Hy het ’n silwermedalje gewen as deel van die Suid-Afrikaanse 4 x 400 m aflosspan in Augustus 2011.

En steeds is hy nie tevrede nie, sy nuutste droom om na te streef is om aan die 2012 Olimpiese Spele in Londen deel te neem.

Die Laureus Wêreld Sport Toekennings word deur internasionale sporthelde en -heldinne bygewoon om ander atlete se uitstaande prestasies te vereer. Dit vind plaas op 6 Februarie 2012 in Londen, en dit sal wêreldwyd uitgesaai word.

Oscar is benoem vir die World breakthrough of the year benoem, sowel as vir Gestremde atleet van die jaar.

Ons staan bankvas agter hom en glo hy gaan nog al sy eie verwagtinge oortref!