Volgens sy twiets op Twitter was sy dansmaat, Annalisa Longo, baie geduldig en moes hy hard oefen om dié moeilike dans só vinnig aan te leer.

KLIK by Repubblica.it om die video te sien.

Hy het oor sy ervaring die volgende aan SARIE gesê:

"Dit was groot pret! Om hierdie dans in net ‘n paar ure te leer was nogal ‘n uitdaging. Maar toe ek dit eers reggekry het, het ek dit baie geniet. Ek het ‘n fantastiese dansmaat, Annalisa Longo, gehad en sy het dit vir my baie maklik gemaak om die tango te leer.

"Ek dink darem nie ek sal in die toekoms dans as ‘n stokperdjie beoefen nie, hoewel ek dit baie geniet het. Ek sal die dansery maar vir die pro's los.”

In die sportwêreld is Oscar bekend as Blade Runner, die paralimpiese atleet van Suid-Afrika wat durf en moed aan die dag lê om altyd nuwe uitdagings aan te pak. Dink maar aan sy kragmetings met nie-gestremde naellopers en die goue medalje wat hy verlede jaar op die wêreld-kampioenskappe in Daegu in Suid-Korea gewen het.

Onlangs is Oscar benoem vir 'n Laureus-wêreldsporttoekenning in die kategorieë Deurbraak van die Jaar en Gestremde Atleet van die Jaar. Sy groot droom is om vanjaar aan die Olimpiese Spele in Londen deel te neem.

OscarPistorius op Twitter:

What an AMAZING night I had! Thank you to Annalisa and the cast! The judges were way too kind and the audience was special beyond words!