Die Captain Phillips-akteur Barkhad Abdi was vanjaar benoem vir ’n Oscar, maar dié akteur van Somalië se finansies trek glo aan die kort ent.

Barkhad, wat vanjaar ’n BAFTA-toekenning vir sy spel as Musi in Captain Phillips gewen het, het glo toe die rolprent meer as twee jaar gelede gemaak is $65 000 gekry. Só berig E! Online. Ná die fliek het hy by sy broer se selfoonwinkel in Minneapolis gewerk, maar hy het bedank toe die fliek uitgereik is.

Kry al die Oscar-wenners hiér

"Ek het so oor die saak gedink: wanneer die fliek uitkom, gaan resensies óf goed óf sleg wees. Hoe dit ook al is, ek kan nie hier werk nie," het hy vir die New Yorker gesê.

Ons gunsteling-rokke by die Oscars

Die agt-en-twintigjarige Barkhad lees tans draaiboeke op soek na nuwe rolle om te speel.

Kry jy ook finansieel swaar? Volg dié wenke om jou geldsake onder beheer te kry

  1. Sny onnodige uitgawes. Jy was dalk drie jaar laas by die gimnasium, maar betaal nog elke maand honderde rande vir jou lidmaatskap.
  2. Dink mooi oor alles wat jy koop. Het jy dit régtig nodig? As die antwoord “nee” is, los dit.
  3. Eet voordat jy gaan kos koop. As jy honger is terwyl jy dit doen, wil jy meer koop omdat jy lus is vir allerlei lekkernye.
  4. Maak ook ’n lys van alles wat jy nodig het wanneer jy winkel toe gaan. Koop dan net die items op die lys.
  5. Kry ’n vriendin wat saam met jou spaar. Julle kan mekaar motiveer om nie die duur handsak te koop as die lus julle beetpak nie.

Vir nóg nuttige wenke, klik hier (UIT: SARIE, Maart 2013)