Die Oscar-bekroonde akteur en sanger Jared Leto kom een van die dae Suid-Afrika toe en dit lyk of hy die dae aftel ... Die Dallas Buyers Club-akteur het op Twitter aangekondig dat hy en sy musiekgroep, 30 Seconds to Mars, oor net meer as ’n maand in ons land kom kuier. Hy het sommer ook die Suid-Afrikaanse landsvlag saam met dié twiet gedeel.

Jared het vanjaar die Oscar vir die beste akteur in ’n ondersteunende rol gewen vir sy spel in Dallas Buyers Club.

Mooiste foto's van die Oscar-wenners

Een van SA se gunsteling-sepiesakteurs het ook eens lang hare gedra. Wat dink jy? Lyk hy beter met lang of kort hare?

Dié akteur tree op 13 Junie saam met sy Grammy-bekroonde musiekgroep in Durban op voordat hulle op Jeugdag (16 Junie) in Johannesburg speel. Dit is die tweede keer dat dié groep in Suid-Afrika toer. Sien jy ook uit na Jared se Suid-Afrikaanse besoek?