???Susanne Beyers, Joanie Combrink en Elsabé Daneel speel in Ou Blare, 'n topverkoper by vanjaar se Woordfees. En SARIE is die trotse mediaborg. Dit gaan oor drie jarelange wie bymekaarkom om te herlaai. Hulle is dapper, eksentriek en boonop vies. Tussen joga en sopies spoel hulle mond uit oor karwagte, rietskraal winkelpoppe, kop-dokters en thongs. Die splinternuwe gesinskomedie laat die maskers waai en dra 'n fakkel vir vroue van 'n sekere ouderdom.

Elsabé Daneel oor Ou Blare
“Die woordelose kommunikasie en wisselende alliansies binne die groep is baie snaaks. Hulle rap en dans dat die biesies bewe! Daar is ook humor in die manier hoe lewenslange vriende mekaar se siel uittrek – en dit genees terselfdertyd. Daar is ’n onbevange eerlikheid waarsonder hulle nie kan klaarkom nie. Elkeen sal met iets in elk van die karakters identifiseer, want Leon Kruger hou meesterlik ’n realistiese spieël op van mense se eksentrieke, dapper aard.”

Waar en wanneer?

Golden Arrow Studio, Baxter Teater: 17 Mei 19:00; 18 Mei 20:15
Klein Libertas Teater: 15, 16 Mei 19:00; 19, 25 Mei 15:00
70min | R100

Vir nog inligting omtrent die ander produksies wat wys, klik by Woordfees.co.za