Die oorspronklike groep van Boney M, met Liz Mitchell agter die mikrofoon, sal vanaf 16 – 20 Desember 2011 spesiale Kersoptredes doen. Dit vorm deel van hul wêreldtoer.

“Dit was altyd ons droom om Suid-Afrika te besoek, en nou word dit waar. Dis vir ons ’n heerlike geleentheid om die spesiale boodskap van Kersfees met ons aanhangers in SA te deel,” het Liz oor die toer gesê.

Boney M se tydlose treffers sluit Rivers of Babylon, Daddy Cool en My Friend Jack in.

BONEY M SE TOERPROGRAM

16 Desember 2011 – Sun City Superbowl

17 Desember 2011 – Carnival City (Johannesburg)

20 Desember 2011 – GrandWest (Kaapstad)

Kaartjies beskikbaar by Computicket

Nog ’n hoogtepunt op die verhoog is The Hollies in Februarie 2012.

Die sterre van The Air I Breathe, en He Ain’t Heavy, He’s My Brother doen ’n wêreldtoer om hul 50ste bestaansjaar te vier.

THE HOLLIES SE TOERPROGRAM


23 Februarie 2012  GrandWest (Kaapstad)


25 Februarie 2012
Carnival City (Johannesburg)


26 Februarie 2012
Carnival City (Johannesburg)

Kaartjies beskikbaar by Computicket

The Hollies