Verhoudings in Hollywood hou dikwels nie lank nie. Selfs vyf jaar is eeue in Hollywood se terme. Die wêreld was geskok toe die glanspaartjie Angelina Jolie en Brad Pitt se paadjies ná jare geskei het. Maar gelukkig is daar paartjies soos die Grammy-wenner John Legend en model Chrissy Teigen wat ons steeds in liefde laat glo. 

Die twee het in 2007 ontmoet en verlief geraak. In 2011 het John Chrissy die ja-woord gevra en in 2013 het die paartjie by die Como-meer in Italië getrou.

John het aanvanklik verlief geraak op Chrissy en haar Twitter-blad.

“Ek het op haar verlief geraak oor die foon, want sy is regtig goed met daardie 140 karakters,” het hy aan Entertainment Tonight gesê.

FOTO Instagram / @chrissyteigen FOTO Instagram / @chrissyteigen

Aan die begin het John en Chrissy gereeld vir mekaar boodskappe gestuur.

“En gou het ek haar sin vir humor begin verstaan. Ons het oor die foon gepraat en ek het op haar verlief geraak.”

John vertel die oomblik toe hulle begin om saam tyd te bestee, het hy net geweet sy is die een.

Hier's hoekom John en Chrissy ons steeds aan liefde laat glo:

1. Hy skryf vir haar liedjies

Die liedjies All of Me en Love Me Now (2016) is vir Chrissy geskryf. In albei musiekvideo's het Chrissy verskyn.

In ’n onderhoud met Oprah Winfrey in Oprah's Next Chapter het John gesê hy het net geweet dat hy met Chrissy wil trou.

"Ek het net gesien hoe ek vir die res van my lewe saam met haar kan leef, haar kan lief hê."

Hy het in dieselfde onderhoud vir Oprah en Chrissy die lied "All of Me" gesing.

Kyk "All of Me" se musiekvideo:

Kyk "Love Me Now" se musiekvideo:

2. Hulle kan vir mekaar lag

Die paartjie het aan die begin van Desember op The Tonight Show Starring Jimmy Fallon verskyn. Hulle het saam met Jimmy die speletjie Charades gespeel. Kyk net hoe lag hulle vir mekaar. #spanwerk

3. Chrissy en John ondersteun mekaar

Sonder twyfel is John en Chrissy mekaar se grootste aanhangers. Hulle verklaar gereeld hul liefde en bewondering vir mekaar op sosiale media. En ons is dankbaar daarvoor.

Kyk net haar reaksie toe John Legend en Common in 2015 die Oscar gewen het. John-hulle het gewen vir beste oorspronklike lied met hul liedjie "Glory" uit die rolprent Selma

Screen Shot 2016-12-21 at 1.52.42 PM SKERMGREEP: YouTube / Oscars

4. Hul eersteling, Luna Simone Stephens

Hulle het lank gesukkel om ’n baba te kry en Chrissy het uiteindelik met behulp van in vitro-bevrugting swanger geraak, berig Daily Mail.

Sy het op 12 Oktober verlede jaar haar swangerskap bekend gemaak en gesê dit was nie ’n maklike pad nie. Hulle was verheug oor die kleinding wat op pad is. Op 14 April 2016 is klein Luna gebore.

#flashbackfriday

A photo posted by chrissy teigen (@chrissyteigen) on

have you ever seen a more "why me?" face

A photo posted by chrissy teigen (@chrissyteigen) on

It’s here! Watch the official video for #LoveMeNow on @vevo http://smarturl.it/LoveMeNowVideo A photo posted by John Legend (@johnlegend) on
My loves at #lipsyncbattle! A photo posted by chrissy teigen (@chrissyteigen) on

Dankie, Chrissy en John! #relationshipgoals

via GIPHY

Lees nou

Slim wenk om geskenke vinnig toe te draai!

Marciel skryf oor 2016: Ek’t gegroei

Bring dié kleur vir jou geluk?